Categories:

Alle leerders skryf aan die einde van die tweede en vierde kwartaal ‘n volledige eksamen.  Matrikulante skryf ’n rekordeksamen aan die einde van die derde kwartaal.

Volgens ’n vasgestelde rooster, word daar deur die loop van die jaar mini-eksamens geskryf.

‘n Jaarpunt word bereken met die uitslae van drie deurlopende assesserings, tesame met die eksamens.  Na elke siklus en eksamen ontvang ouers ’n rapport van die leerder se vordering.