Categories:

Hoërskool Driehoek neem vanaf 2017 deel aan die jaarlikse ATKV Spelathon-kompetisie. Dit bied vir die leerders die geleentheid om hul woordkennis te verbreed, hul spelvermoëns op te skerp en om die skool te verteenwoordig tot op Nasionale vlak.

Alle leerders wat belangstel kan aan die skool se uitkloprondtes deelneem waarna die skool se span dan saamgestel word.

In 2017 het graad 8 tot 10-leerders Hoërskool Driehoek in die Huistaal kategorie verteenwoordig. Die kompetisie het gegroei en sedert 2018 kon leerders vanaf graad 8 tot graad 12 deelneem. Charné Rossouw het die skool in 2019 by die Nasionale Finale verteenwoordig.

2020 sou die grootste span leerders tot dusver deelgeneem het aan die Provinsiale kompetisie en dit sou ook die eerste jaar wees wat ‘n Driehoek-leerder deelneem in die Eerste Addisionele Taal kategorie.

 

Foto-album: