Categories:

Tennis vind deurlopend tussen die eerste- en derde kwartale plaas, waartydens ons aan verskeie ligas deelnaam.

In die Vaaldriehoek-liga kompiteer ons teen plaaslike skole. (Sasolburg, Vanderbijlpark, Vereeniging, Meyerton en Heidelberg)

Vaaldriehoek tennis organiseerder, Alta Furgeson, het ‘n opwindende nuwe tennisliga in 2016 geloots waar spelers in kwartaal 3,in gemengde spanne inskryf en in halfuur-potte teen mekaar meeding vir pryse.  Dit  sorg vir hope pret en hou belangstelling vir die sport lewendig.

Alhoewel ons leerders hoofsaaklik privaat-afrigting ontvang, word daar geleenthede geskep waar hulle, hulle tegnieke kan inoefen en teen mede-spanlede kan meeding.

Hoekies staan bekend vir goeie sportmansgees en volharding, en by tennis is daar beslis nie ‘n tekort daaraan nie.

Tennistoekennings (2019):

Speler van die jaar: Anzel Jonker

Foto-album: