Virtuele Skool Instansies

  • November 23, 2020 - 17:00
  • Suid-Afrika

Hier lys ons ’n paar virtuele skool instansies waarna ouers en leerders kan kyk om te help met tuiswerk tydens die grendeltydperk:

1. Wolkskool

Wolkskool bied hoë kwaliteit videolesse, assesserings en ondersteunende lesmateriaal in vakke soos Wiskunde, Wetenskap, en Afrikaans Huistaal.

Jy kry gratis toegang tot einde Junie.

Besoek: www.wolkskool.co.za

2. Digicampus

Digicampus verskaf gratis toegang tot video lesse vir alle vakke. Leerders kan op hul eie tyd werk.

Besoek: www.digicampus.co.za

3. School Club

Registreer met jou PNP smart shopper kaart om ’n gratis “e-classroom” te volg vir 30 dae.

Besoek: www.schoolclub.co.za

4. Klaskamer10 – kykNET & Kie Kanaal 145

Klaskamer10 is die opwindende KykNet program wat Wiskunde en Fisiese Wetenskappe ekstra klasse na jou huis toe bring.

Besoek: www.klaskamer10.co.za

EVENT INFO :

  • Start Date:November 23, 2020
  • Start Time:17:00
  • End Date:September 30, 2020
  • End Time:22:00
  • Location:Suid-Afrika
  • Website:www.hsdriehoek.com