Die “Prayer Walk” is ń inisiatief van Hoërskool Transvalie. Die VCSC-leerlinge van Transvalie het in groepe van daar af al met Macowenstraat af tot by Hoërskool Driehoek gestap. Voor Pick n Pay het ń groep hoekies toe elke keer by die groep Valies wat verby kom aangesluit. 300 tieners het so in groepe tot by River of Life kerk gestap en op verskeie gemerkte punte saam gebid vir spesifieke aspekte in ons gemeenskap.

 

Mat: 18:20 (bybel vir almal)

“Want waar twee of drie van julle bymekaar is om My te aanbid, daar is Ek by hulle.”

By River of Life het die tieners worsbroodjies en koeldrank geniet, saam ge-“praise & worship” en die aangrypende fliek “Warroom” gekyk.

KONTAK ONS

Kontak ons vir meer inligting oor ons skool.

016 932 1103

algemeen@hsdriehoek.com

VOLG ONS OP
FACEBOOK

driehoek-facebook-page