Oorsig

Hoërskool Driehoek bied beide dogters- en seunshokkie aan. Ons neem jaarliks deel aan die PUK Prestige reeks waarin daar 16 skole van verskillende provinsies kompeteer. Spanne en afrigters toer jaarliks en selfs so ver as Stellenbosch en Mosselbaai. Ons het verskeie gegradeerde skeidsregters en afrigters met hope energie en dryf.

Prestasies

Ons o14 dogters eindig derde in die PUK Prestige Reeks. Ons o16 dogters wen die D8-liga en neem verder aan die Noordvaalliga deel. Daar is 12 van ons spelers gekies vir verskeie provinsiale Bokkiespanne en 2 van hulle is opgeneem in die Presidentspan.

Uitsonderlike Prestasies

Vernon van der Walt is aangewys as die kaptein van die SA Bokkiespan wat na Italië getoer het.

Hokkiekliniek

Brendan Hattingh bied ‘n hokkiekliniek by die skool aan op Saterdagoggende. Enige leerling van die skool en graad 7 leerlinge wat in die toekoms by ons gaan inskryf, is welkom om die kursus by te woon. Dit kos slegs R100 pm. Seuns en dogters wat hulle vaardighede na ‘n hoër vlak wil neem sal dit geniet om hierby in te skakel.

KONTAK ONS

Kontak ons vir meer inligting oor ons skool.

016 932 1103

algemeen@hsdriehoek.com

VOLG ONS OP
FACEBOOK

driehoek-facebook-page