Hoërskool Driehoek spog met ‘n uitstekende kriekettradisie waarop daar jaarliks gebou word. Hier word nie net slegs gekompeteer in die plaaslike ligas nie, maar word ook gespog met provinsiale spelers en afrigters.

In 2016 het die Driehoek Perspette (Driehoek 1ste XI) 16 uit ‘n moontlike 19 wedstryde gewen. Hulle is ook as Evergreen T20 Kampione gekroon, sowel as Vaaldriehoek ligawenners. Hierby is die 2de Span ook gekroon as ligawenners. Niel Erasmus is ook in Desember 2015 aangewys as lid van die SA Platteland o/17 span , die kapteinskap van hierdie span het hom ook toegeval.Mnr Jordaan is aangewys as die spanbestuurder van hierdie span.

Niel Erasmus en Armand van Eyk is in 2016 ingesluit in die Vaaldriehoek o/18 Span. Hierdie twee asook Zandre van der Merwe is ook ingesluit in die Gauteng Platteland o/17 span wat in Desember 2017 aan die KSA Platteland o/17 week gaan deelneem. Mnr. Bevan Behr is ook die afrigter van die Vaaldriehoek o/18 span wat gaan deelneem aan die Platteland o/18 week.

Die trots van Driehoek Krieket word gevind in die tradisie van die skool krieketpette. Alle spanne vanaf o/14 tot 2e Span speel in bruin tradisionele krieketpette. Wanneer ‘n Hoekie speler sy eerste volwaardige 50 beurte wedstryd vir die Perspette speel, ontvang hy sy Pers pet. Vir die uitverkorenes wat van Graad 10 tot Graad 12 die voorreg het om vir die eerste span te speel, is die Goue Pet beskore. Hierdie word toegeken aan ‘n seun wat 50 wedstryde vir die eerste span gespeel het. Krieket is verseker een van Driehoek se groot sterkpunte en daar word gepoog om elke jaar voort te bou op hierdie roemryke tradisie.

KONTAK ONS

Kontak ons vir meer inligting oor ons skool.

016 932 1103

algemeen@hsdriehoek.com

VOLG ONS OP
FACEBOOK

driehoek-facebook-page