Landloop is ‘n sportsoort waaraan enige leerder kan deelneem en bied die geleentheid tot fiksheid, liggaamlike ontwikkeling, uithouvermoë en deursettingsvermoë.  Die leerder leer dat hy/sy met selfdissipline sy/haar eie vermoëns tot sukses bepaal wat tot hoë hoogtes kan lei.
Landloop leer ‘n leerder, hoe om beserings, terugslae en teleurstellings te hanteer.

Landloop is ‘n sport wat op `n hoë ouderdom steeds beoefen kan word en bied die leerder geleenthede om aan die Suid-Afrikaanse- en Wêreldkampioenskappe deel te neem. ‘n Landloopatleet leer om op te staan wanneer hy/sy val en sodoende voor te berei vir die wedloop van die lewe wat lei na volwassewording.

Landloop vind in die 3de kwartaal plaas. Daar is tans 4 Spanne, nl. Junior en nl. Senior, dogters en nl. Junior en nl. Senior seuns. Daar word aan die Vaaldriehoek Liga deelgeneem waarvan ons teen ± 16 skole deelneem.

KONTAK ONS

Kontak ons vir meer inligting oor ons skool.

016 932 1103

algemeen@hsdriehoek.com