Tennis vind deurlopend tussen die eerste- en derde kwartale plaas, waartydens ons aan verskeie ligas deelnaam.

Ons kompeteer jaarliks, met n junior en senior span in die PUK-reeks wat tydens kwartaal een en twee plaasvind.    Met die Vaaldriehoek-liga kort na die Pukreeks, is spelers reeds opgewarm vir mededinging teen plaaslike skole.

Vaaldriehoek tennis organiseerder, Alta Furgeson, het ‘n opwindende nuwe tennisliga in 2016 geloots waar spelers in kwartaal 3,in gemengde spanne inskryf en in halfuur-potte teen mekaar meeding.  Dit  sorg vir hope pret en hou belangstelling vir die sport lewendig.

Hoekies staan bekend vir goeie sportmansgees en volharding, en by tennis is daar beslis nie ‘n tekort daaraan nie.

KONTAK ONS

Kontak ons vir meer inligting oor ons skool.

016 932 1103

algemeen@hsdriehoek.com

VOLG ONS OP
FACEBOOK

driehoek-facebook-page