Hoërskool Driehoek se Josua Boys sit skouer aan die wiel by Jeugland

Hoërskool Driehoek se Josua Boys het op 28 Augustus 2020 skouer aan die wiel (of dalk eerder kruiwa) gesit tydens ‘n uitreikaksie by Jeugland Tuiste vir Bejaardes in Vanderbijlpark. 

Inwoners van Jeugland is tans besig om n kruieen groentetuin te ontwikkel, maar het n paar jong manne benodig om die projek van die grond af te kry.

Daar is hard gewerk om die grond voor te berei, kratte te skuif en seile te meet. Twee onderwysers, mnre. T. Rautenbach en S. Krüger wat die seuns vergesel het, het ook met groot geesdrif hul deel bygedra om die bejaardes se take te verlig.