Matrieks terug skool toe na grendeltyd

Vanoggend vroeg meld ons Matrieks aan. Die terugkeer skool toe is skrikwekkend, maar braaf staan hulle nader omtrent so 1 meter uitmekaar…

Nader mag hul nie, ’n warm drukkie is iets van die verlede en al manier van groet is om te waai. Tog glimlag hulle elkeen breedt onder hul eie unieke masker.

Ons is opgewonde om die leerders terug te hê by die skool. Ons beloof ook aan elke ouer dat ons, ons beste sal doen om julle kinders veilig te hou. Covid-19 gaan ons gees nie onder kry nie.

Daar lê baie werk voor vir ons Matrieks, maar hulle is sterk. Ons kan sien hulle is reg om die res van die jaar aan te pak.

Welkom terug Matrieks 2020! Mag God julle is Sy hande veilig hou.