Ons amptelike Facebook-blad

Ons wil graag vra dat elke ouer en leerder ons ondersteun deur om ons amptelike Facebook-blad te “Like”. 

Verskil tussen ons Facbook-groep en ons Facebook-blad:

Hoërskool Driehoek (amptelik) is ons Facebook-groep. Hier wil ons hê kommunikasie moet plaasvind tussen ouers, onderwysers en leerders. Ons skep hier juis ’n platform waar leerders maklik oor klaswerk, leerwerk ens. kan uitvind. Ons gaan nog gereeld in hierdie groep gesels.

Ons Facebook-blad Hoërskool Driehoek is ’n platform wat nie net vir ouers en leerders geskep word nie maar ook ondersteuners, oud-leerlinge so wel as toekomstige leerlinge. Hier plaas ons foto-albums, inligting oor die skool, interessant nuusbrokkies, ons wil graag op hierdie platform “Live Steams” hou en vele meer.

Ons is baie opgewonde oor die toekoms van ons skool op sosiale media en dis fantasties om te sien hoe ouers alreeds ons blad ondersteun.