top of page
360_F_417301313_5ut5KinQeQ8vDVNdFAbcaxpeMXym7G33.jpg
STEFAN.jpg

S. BLUNDEN
SPORT DIREKTEUR

SPORT

Dit was ʼn jaar van opwindend in die geskiedenis van Hoërskool Driehoek se sport. Sleutel persone is in die verskillende sport kodes aangestel wat kundigheid het op ʼn hoë valk.

Die verwagtinge is dat hierdie persone ʼn ander demensie in Driehoek se sport gaan mee bring.

Dit is vir Hoërskool Driehoek ʼn voorreg om in die kommende 2024 Atletiek seisoen die Super  Interhoër vir groep 3 en 4 aan te bied.

 

Ons wens Hoërskool Driehoek sterkte toe vir die kommende seisoen.

rugby-1367079_640.jpg

By Hoekies-rugby bied ons vir die leerders die geleentheid om daardie liefde en passie op die veld te kan uitleef. Ons gebruik rugby as 'n instrument om ons leerders tot hulle volle potensiaal te ontwikkel. Lewens-vaardighede wat ontwikkel word by ons rugby is:
*Probleem oplossing
*Spanwerk, Leierskap
*Goeie Kompetiesie en sportmanskap
*Hoe om druk te hanteer
*Bestuur van verantwoordelikhede
*Toewyding
*Respek vir medemens
So kom bereik jou volle potensiaal by die Kwagga-Rugby familie!

Rugby

netball-goal-769354.jpg

By Hoekie-netbal het ons 'n danamiese span van 10 afrigters wat funksioneer onder die bekwame mentorskap van ons Netbal Adviseur, Me. A. Dreyer (die enigste NSA Vlak 3 en SASCA-geregistreerde afrigter in die Vaaldriehoek).

Ons bied ook baie ontwikkelingsgeleenthede vir ons dogters aan soos voor-seisoenklinieke, jaarlikse toere en toernooi, kondisionering in die skoolgimnasium en om as netbalskeidsregters te kwalifiseer. 

Ons neem ook jaarliks deel aan die vriendskaplike NWU-sportreeks sowel as die plaaslike Sedibeng-liga.

Netbal

istockphoto-154908271-612x612.jpg

“Enjoy the Game & Chase your Dreams, Dreams do come true." - Sachin Tendulkar.

In die woorde van Sachin Tendulkar. Hier by Driehoek Krieket glo ons in drome en in elke speler. Drome word werklikheid, maar nie sonder harde werk en geloof nie. Dit is ons doel om elke speler se drome te laat bewaarheid deur ons bekwame en passievolle afrigters. As jy jou passie geniet, voel dit nie soos harde werk nie. Ons ontwikkel en berei elke speler holisties voor vir die krieketseisoen en vir die toekoms in die algemeen. Gedurende die jaar bied ons spesiale krieketafrigting aan vir elke leerder. Waarvoor wag jy? Kom word vandag 'n deel van die Driehoek Krieket-familie.

Krieket

screen-5.jpg

Hier op die oewer van die Vaalrivier speel ons Hoekie hokkie vir die vale. Me M. Hundermark (Organiseerder) en Me J. Motlohi (Adviseur) is ervare, dinamiese dames wat hul entoesiasme en passie in en vir hokkie uitleef. Ons stel hoekie-hokkie elke week bloot aan astro oefening. Dissipline, leierskap, goeie vriendskappe en waardes word gekweek en vasgelê. Natuurlik word uitstekende vaardighede vir ons geleer deur ons ervare en goed opgeleide afrigters.
Hier vier Hoekie-hokkie altyd fees en tree as wenners uit elke stryd.
Ons sien uit om jou by ons span te verwelkom. By Driehoek speel ons hokkie, die Hoekie-hokkie styl.

Hokkie

My project-1 (5).jpg

Atletiek is deel van die belangrike fondasie waarop m skool sy vlagskip bou. 'n Suksesvolle atletiekseisoen het n positiewe impak op wintersport en die ontwikkeling van jong atlete se toekoms. 

Hoërskool Driehoek se atletiek het 'n geskiedenis van hoë gehalte en 'n droom vir die toekoms om nóg hoër hoogtes te bereik. 

Só ook het ons 'n ongelooflike span afrigters om elke atleet se volle potensiaal te help ontwikkel. 

Hoekies is trots op ons Atletiek en opgewonde om nóg verder te gaan!

Atletiek

5bd013ad768ca-wallpaper-preview.jpg

Hoërskool Driehoek neem jaarliks deel aan die Vaaldriehoek Hoërskole Gholfliga.
Die liga word op Maandae beslis oor 14 rondtes van 9-gaatjies, en een finale rondte van 18 gaatjies. Die gholfbane wat hiervoor gebruik word is: 
Heron Banks, Emfuleni, Maccauvlei, Meyerton.
Die liga neem die formaat aan van 'n individuele kompetisie, sowel as 'n kompetisie in spanverband. Die liga begin reeds gedurende die eerste week van Februarie en duur tot in Oktober elke jaar waar dit eindig in Noordvaal-Kampioenskappe, sowel as die Inter-Provinsiale Toernooi(IPT).
Aan die einde van die Vaaldriehoek-seisoen word daar 'n wenner en 'n naaswenner in die spankompetisie aangewys.
In die indivudele kompetisie word die 16 beste spelers aangewys en 'n A-Span (1-8) asook 'n B-Span (9-16) word gekies. Die A-Span verteenwoordig die Vaaldriehoek tydens die (IPT).

Gholf

My project-1 (11).jpg

Hoërskool Driehoek het 'n nuwe era in die skolelandloop beleef gedurende die 2023-landloopseisoen. Die liga-program het gesorg vir baie opwinding en baie talent het na vore gekom.
 

Saam met die AVT-klub landloop-ligas het skolelandloop ook uitgestaan. 25 Atlete van Driehoek atletiekklub het aan die ASA landloop kampioenskappe in Port Elizabeth deelgeneem. Hierdie is ʼn uitsonderlike prestasie, met een van ons atlete in die top 10 posisie.

9 van Hoërskool Driehoek se atlete het aan die Gauteng Landloop Kampioenskappe deelgeneem. Daar kan met trots gesê word dat Hoërskool Driehoek ʼn beduidende rol gespeel het in die aanbieding, D8 en Gauteng Skolelandloop in Vanderbijlpark.

Hoërskool Diehoek se junior dogters het ʼn algehele 1ste plek in die skole landloop-liga verwerf. Absolute Hoekie-trots!

Landloop

tennis-rackets-hd-pictures-wallpaper-65176-67391-hd-wallpapers.jpg

Tennis is 'n opwindende en gesonde sport wat deur mense van alle ouderdomme geniet kan word. Dit is 'n individuele sport wat jou fiksheid, uithouvermoë en hand-oog koördinasie verbeter. Of jy nou 'n beginner of 'n ervare speler is, tennis bied 'n geleentheid vir pret en uitdaging. Dit leer jou nie net belangrike lewensvaardighede soos deurslagkrag, volharding en strategie nie, maar dit bied ook 'n platform vir sosiale interaksie en vriendskapsvorming. Dit is 'n sport wat jou kan help om jouself te verbeter en 'n gesonde lewenstyl te handhaaf. Kom saam met ons en ontdek die opwinding van tennis op ons skool se tennisbane!

Tennis

squash-rackets-ball-on-court-260nw-1619336497.jpg

Die muurbal seisoen begin in die tweede kwartaal waar daar `n individuele toernooi is wat spelers aan kan deelneem.
Hierdie toernooi se uitslae word gebruik om die spelers te plaas volgends hulle spelsterkte. In die derde kwartaal is daar `n skole liga waar `n span van vyf spelers deelneem.
Elke speler word geplaas volgens hulle eie vlak van spel en speel teen ander spelers van dieselfde vlak. Aan die einde van die toernooi word leerders uitgenooi om proewe te speel vir die vaaldriehoek span wat aan addisionele toernooie kan deelneem.

Muurbal

istockphoto-1278040351-612x612.jpg

Bergfietsry is 'n opwindende buitelugaktiwiteit wat studente die geleentheid bied om die opwinding van onverharde paaie en rof terrein te verken. Deelnemers ontwikkel essensiële vaardighede soos balans, uithouvermoë, en tegniese ry, terwyl hulle geniet maak van die natuurskoon.
Onder die leiding van ervare instrukteurs ontdek studente die vreugde van fietsry deur uitdagende landskappe, wat 'n gevoel van prestasie en 'n liefde vir die buitelug kweek.

Bergfiets

theo-document-1 (4).jpg

Ontdek die vreugde van rolbal by Hoërskool Driehoek, waar leerders deelneem aan 'n tydlose sport wat presisie en kameraadskap kombineer.
Dit is vir alle leerders moontlik om hierdie inklusiewe aktiwiteit geniet.
Sluit aan by ons vir 'n prettige en aktiewe ervaring wat nie net fisiese welstand bevorder nie, maar ook strategiese denke en sportmanskap aanmoedig.

Rolbal

theo-document-1 (5).jpg

Ons E-spotspan presteer al 'n geruime tyd met 'n blink oog onder die bederwe leiding van ons spanleier. Ons neem aktief deel aan MSSA-gebeure en het die eer om ons vaardighede jaarliks ten toon te stel Daarnaas bied ons ook ons eie e-sporttoetnooie aan, wat deur ons gemeenskap met groot entoesiame ondersteun word. Een van ons belangrike borgsponsore is Vaal Networking, wat 'n deurslaggewende rol speel in die ondersteuning van ons e-sportbedrywighede. Ons geniet 'n verskeidenheid speelstyle en het 'n sterk gevoel van samewerking binne ons span. E-sport is 'n onmisbare deel van ons bestaan, en ons is trots om ons passie met die wêreld te deel.

E-Sport

istockphoto-1264229136-612x612.jpg

Dompel jouself onder in 'n opwindende avontuur met airsoft by ons skool!
Airsoft is 'n adrenalien-gedrewe sport wat strategie, spanwerk, en taktiese vaardighede kombineer.
Studente neem deel aan gesimuleerde militêre scenarios met realistiese replika vuurwapens wat nie-dodelike plastiek balletjies afskiet nie. 
Sluit by ons aan vir 'n aksiebelaaide ervaring waar sportiviteit op die airsoft slagveld floreer.

Airsoft

theo-document-1 (8).jpg

Hoekie Hoefies

Hou jy van n perd?

Dan is hierdie sport vir jou die moeite werd!

Die Hoekie Hoefies, n span wat die liefde van perdry by mense aanwakker.

Ons verteenwoordig Hoërskool Driehoek wanneer ons gaan skou en met trots samel ons punte vir die skool in

Die ou gesegde : “ Wanneer die perde horings kry. “ Beteken : Nooit!

Moet NOOIT hierdie geleentheid misloop nie.

Ons stel 3 ryskoole voor :

• Deo Volente in Vanderbijlpark

• Happy Hoofs in Sasolburg

• Riverside Equestrain Center in Sasolburg.

Vir al die perde liefhebbers is ons die klub.

Groete van die Hoekie Hoefies

Ruitersport

bottom of page