.jpg)
Hoërskool Driehoek is 'n spogskool in Vanderbijlpark. Dis die jongste Afrikaans-medium sekondêre skool in die dorp, maar bestaan reeds 50 jaar.
Vandag word steeds voortgebou op die stewige fondasie wat destyds gelê is. Die skool se sukses kan toegeskryf word aan passievolle onderrig, sterk waardes, rotsvaste geloof en 'n goeie ondersteuningstruktuur.
Ons streef daarna om vir elke leerder die beste te bied en 'n baken van hoop in die dorp en omgewing te wees. Onderrig by Hoërskool Driehoek is van 'n hoë standaard en selfdissipline en Christelike waardes word deurlopend toegepas in die uitvoering van ons daaglikse taak. Dit is deel van die Driehoek-karakter en leerders en ouers se optrede en gesindheid word outomaties positief hierdeur beïnvloed.
'n Groot verskeidenheid aktiwiteite soos bv. sport, kultuur en ander sosiale geleenthede, dra by tot die holistiese ontwikkeling van leerders.
Die skool se leuse, "Oorwin deur volhardig", motiveer leerders en personeel om hard te werk en om te midde van omstandighede steeds daarna te streef om doelwitte te bereik.
Ons Driehoek-familie is spesiaal en baie besonders.
Hoekie-groete

.jpg)

ANNIKA MARITZ
Liefste Hoekies van 2024.
Ek skryf hierdie boodskap met trots, opwinding en 'n nuuskierige afwagting vir die jaar se splinternuwe uitdagings en geleenthede.
Mag Jesus julle elkeen seën met die vermoë om jul drome en doelwitte te verwesenlik en met die moed om risiko's te neem en uit jul gemaksone te trap. Mag julle harte gevul word met geesdrif en jul denke met eindelose kreatiwiteit.


Ethan Greaves
'n Nuwe jaar, Nuwe Avonture.
Dit is vir my 'n voorreg om elke lid van die Hoekie-familie terug te verwelkom na die vakansie. Dit verheug my (want dit moet seker wees) om die graad 8's te verwelkom. In my oë is 2024 'n jaar van die 3 V's naamlik verandering, vernuwing en verbetering. Kom ons implementeer hierdie jaar saam die 3 V's. Die lewe is baie onseker en kan voel soos 'n tuimeltreinrit, maar op hierdie rit wag daar nuwe avonture vol onsekerheid, laagtes en hoogtes waar ons sterkter uit kom en nuwe herinneringe maak.
.jpg)
Die skool van keuses waar jy ‘n verskil kan maak en deel kan word van ‘n trotse identiteit en karakter. By Hoekies leef ons Christelike waardes en norme uit en fokus ons op die ontwikkeling van gebalanseerde jongmense wat hul plek in die samelewing kan vol staan!
Karaktervorming en die ontwikkeling van elke leerder is vir ons prioriteit en ons strewe is altyd om te oorwin deur volharding!

Hoërskool Driehoek is ten volle verbind om leerlinge toe te rus om hul roeping te vervul deur kwaliteit onderrig in vennootskap met alle belangegroepe deur effektiewe benutting van alle hulpbronne.

.png)
