016 932 1103 | algemeen@hsdriehoek.com


Me. S. Boonzaaier
Avontuurklub

Me. I.Scheuer
Avontuurklub

Me. L. Herbst
Avontuurklub
Hoërskool Driehoek se Bergekamp is in 1989 deur Fanie van Staden gestig. Daar was jaarliks ‘n groep jongmense uit die graad 11’s na die Drakensberge se Mahaikampterrein om te gaan tent opslaan en verskeie staproetes oor drie dae af te lê. Dit was ‘n hoogtepunt waarna baie leerders uitgesien het. Die stygende kostes van hierdie kampterrein het ons egter genoodsaak om hierdie tradisie van 29 jaar aan te pas en ander opsies te oorweeg, aangesien ons steeds soveel as moontlik leerders wou betrek.
Vandaar is die Driehoek Stapklub in 2019 gebore. Ons eerste staproete was die Num Num Staproete (Vandag bekend as High Five) in die Skurweberge van Mpumalanga. Dit is ‘n vierdag-sirkelroete. Ons het dus ons stapsakke vol gelaai met alles wat ons wil aantrek, eet en in slaap vir die volgende vier dae. Dit was vir die meeste leerders ‘n ervaring wat hulle nog nooit vantevore beleef het nie. Om deur die dag die pragtige natuurskoon op jou voete te aanskou en snags plat om die gras te lê en kyk na ‘n hemelruim oortrek met sterre, is iets wat mens nie in woorde kan beskryf nie. Ons moes selfs een aand vuur stook om warm water te hê vir storte wat in elkgeval in die koue bergwind staan! By ‘n ander oornaghut was die storte tussen die rotse en ‘n toilet op die punt van ‘n krans het jou die mooiste uitsig oor ‘n vallei gegee, terwyl jy...wel...ontspan. Dit is ‘n wonderlike ervaring om te beleef saam met die avontuurlustige leerders van Hoërskool Driehoek.
In 2020 het ons besluit om die klub uit te brei en het daarom die samestelling en oogmerk daarvan bietjie verander. Ons wou ook graag meer leerders van verskillende ouderdomme betrek.
Daarom het ons besluit om die naam te verander na Driehoek Avontuurklub. Ons oogmerk is om elke kwartaal een avontuur-aktiwiteit aan te pak.