top of page
KULTUUR
Ons koor lewer al baie jare uitstekende vertonings onder die kundige leiding van ons koordirigent. Ons neem jaarliks aktief deel aan verskeie prestigeryke geleenthede, soos kunswedstryde en die Suid-Akrikaanse Nasionale Eisteddfod, waar ons jaarliks ons musikale talente ten toon stel. Daarbenewens bied ons jaarliks 'n opmerklike Koorfees aan, wat deelname van verskeie kore lok. Ons repertorium bestaan uit 'n uiteenlopende reeks musiekgenres, en ons waardeer die sterk gevoel van eenheid en kameraadskap binne ons koor. Musiek is 'n intergrale deel van ons bestaan, en ons is trots om ons passie met die wêreld te deel.
Koor
Juniors sowel as Seniors word aangemoedig om aan debat deel te neem.
Ons doen navorsing, redeneer en stel argumente saam om ons standpunte te staaf terwyl ons selfvertroue bou om ons opinies te lig.
Debat ontwikkel denkvaardighede sowel as die vermoë om voor mense te praat
Debat
Ons groep van sprekers bestaan uit 'n omvangryke gemeenskap van intelligente, beredenerende, en talentvolle kinders.
Ons neem aktief deel aan die ATKV- en Radikale Kompetisies. Vanaf 2024 gaan ons ook deelneem aan die Eisteddfod.
Redenaars
Hoërskool Driehoek se uitkyk op Mnr. & Mej. Driehoek is totaal inklusief en uniek.
Hier gee ons alle leerders die geleentheid om deel te wees van die spoggeleenthede.
Daar word jaarliks twee kompetisies aangebied: 'n Junior en 'n Senior kompetisie.
Almal wat deel wil wees daarvan is welkom om in te skryf. Beide aande is daar dan 'n strawwe kompetisie om die wenners te kroon.
Die wenners word jaarliks uitgenooi na die Mnr. & Mej. Skole kompetisie wat al die skole in die Vaaldriehoek insluit.
Mnr & Mej Driehoek
Ons tradisie hier by Driehoek is om elke tweede jaar 'n toneelaand aan te bied en elke ander jaar ' volskaalse verhoogproduksie.
Die toneelaande bestaan gewoonlik uit 2 tonele wat elk uit al die grade saamgestel word.
Die verhoogproduksie neem gewoonlik die vorm van 'n musikale- of dansproduksie aan.
Ons produksies is tradisioneel 'n hoogtepunt op ons kalender en die vol sale wat dit trek getuig beslis daarvan.
Verhoogproduksie
bottom of page