top of page
theo-document-1 (8).jpg

Afrigter

V. Strydom.jpg

Me. V. Strydom

Hoekie Hoefies

Die Hoekie Hoefies is Hoërskool Driehoek se perdry span wat mense se harte aantrek binne en buite die arena 
Die span en juffrou Strydom gee weekliks vir die skool puik resultate, ons is bevoorreg om tesien hoe ons leerders aan die SAś sal gaan deelneem.

Marno Botha (hoofleier van die span) vertel meer oor sy ondervinding by die perde: 
"Die lewe is optrande en aftrande maar die lewe bly lekker, en saam die perde geniet ek elke oomblik! Die perde is therapy vir ons ... by ons ryskool (Deo Volente) is ons soos n perde familie , wat saam gaan swem met die perde en elke les n fees maak! Waarom doen jy iets as jy dit nie geniet nie?  
Dis in die Groot Boek (Bybel) wat ek my liefde vir die perde gekry het, om tedink dat die Koning van Konings op n perd Sy bruid sal kom haal! Dis hoendervleis oomblikke...
Die hardste ding van perdry is die grond, baie mense het al aan my gesê perdry lyk so maklik, of enige een kan dit doen... maar saal die perd op en sê hulle moet draf, dan gaan hulle oë oop en het hulle respek vir ons wat met die diere werk! Perdry is besonders wat die perd dink vir homself...
Om vir die skool tery is vir my n groot voorreg , ek wil dankie sê aan juffrou Strydom wat ons verseker elke jaar n lekker jaar gee! Alles gaan vir my oor een ding en dis Jesus , en by die perde glo dit of nie... leer ek baie, soos geduld en selfbeheersing! Ek dank ons Here dat Hy vir ons goed is om ons drome tekan uitleef en dat ons kan weet ons krag kom van Hom af! Dis nie deur onsself nie maar tedanke aan Jesus"❤

Gee jy aan die perd sterkte? Beklee jy sy nek met maanhare? Laat jy hom spring soos die sprinkaan? Sy trotse gesnuif is 'n verskrikking. Hy grawe in die laagte en is vrolik in sy krag; hy trek uit, die stryd tegemoet. Hy lag oor die vrees en word nie verskrik nie en draai nie om vir die swaard nie. Op hom rammel die pylkoker, die flikkerende spies en lans. Onstuimig en wild verslind hy die grond en staan nie stil as die basuin klink nie.
JOB 39:22‭-‬27 AFR53

bottom of page