
016 932 1103 | algemeen@hsdriehoek.com

Deur ons leerlinge te klee in die skool se amptelike drag verleen ons aan die skool 'n voorkoms waarop die kind, die ouer en die gemeenskap met reg trots kan wees. Alle tekens van gebrek of weelde word dan uitgewis en 'n sterk samehorigheidsgevoel, wat die grondslag lê vir gesonde skooltrots en skoolgees, word bevorder. Ouers word aangeraai om die voorgeskrewe skooldrag te koop by Ekspaar of MG's. Die atletiekdrag is beskikbaar by die skool.
Wees trots op jou skooldrag.
Die korrekte skooldrag moet altyd gedra word, selfs na-ure.
Feeshempie mag elke Vrydag gedra word vanaf 1 September tot 30 April
Geen sweetpakbaadjie mag om die heupe gedra word nie.
Moet altyd skoon en netjies wees.
Vrydagdrag: Sweetpakke word slegs met sportgeleenthede gedra en op Vrydae tydens die wintermaande.
Skoolsweetpak en feeshempie mag elke Vrydag gedra word vanaf 1 Mei tot 31 Augustus. Die pers broekie word vanaf 1 September tot 30 April gedra.
Die aanbring van tatoëermerke word ten sterkste afgeraai. Indien ‘n leerder reeds tatoëermerke het, moet dit ten alle tye bedek wees.